Heelwat buitelandse onnies kom
Mar 04 2008 07:52:53:790PM  - (SA)  


Kaapstad. – Die departement van onderwys beoog om vanjaar sowat 1 000 buitelandse onderwysers te werf.
Só het mnr. Enver Surty, adjunkminister van onderwys, gister tydens vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) aangekondig.
Volgens Surty is 1 430 buitelanders, waarvan die meerderheid Zimbabwiërs is, in diens as onderwysers.
Surty het gesê die aanstel van buitelanders is ’n laaste uitweg, maar omdat daar so ’n tekort aan onderwysers is, is sy departement, soos alle ander regeringsdepartemente, genoop om tog buitelanders vir vakante poste te oorweeg.
Hy het bygevoeg hulle sal hul veral daarop toespits om onderwysers wat wiskunde en wetenskap kan aanbied, te werf aangesien daar landwyd 1 147 vakante poste vir dié vakke is. – Abigail Isaacs


Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi