Dial Direct Insurance - Click Here

Oorlewing

Benodigdhede

Voedsel

Water

Beskutting

Rigting

Vuur

Ander

Inleiding

In die Boererepublieke van die Oranje Vrystaat en die Z.A.R. is alle burgers vanaf sestien- tot sestigjarige ouderdomme as dienspligtig beskou. Hulle kon enige tyd opgekommandeer word. Daar is dan van hulle verwag om aan te meld vir diens met hulle eie perd, saal, toom, geweer, ammunisie, sowel as kos en ander lewensmiddele vir agt dae. Dit is vanselfsprekend aanvaar dat die vroue, kinders en bejaardes by die huis sou agterbly. Die geskiedenis leer ons egter dat, alhoewel die mans bereid was om hulle plig teenoor hulle vaderland na te kom, en ook baie goed gevaar het in die gevegte, hulle uiteindelik tot oorgawe gedwing was as gevolg van die bedreiging van totale uitwissing van hulle geliefdes in die Engelse konsentrasiekampe. Ongeveer sewe-en-twintig duisend vroue, kinders en bejaardes het in die helkampe gesterf.

Die les wat ons hieruit behoort te leer is dat, indien ons as volk bedreig word, ons nie mag toelaat dat daar swak plekke in ons mondering gevind word nie. Ons mag nie die foute van die verlede herhaal nie. Dit laat 'n mens sidder as jy besef watter geweldige groot taak dit is om voor te berei vir die oorlewing van diegene wat van jou afhanklik is. Dit verg baie meer as om, soos die Boere van destyds, jou geweer te vat, op jou perd te klim, en op kommando te gaan. Geen prys is egter te groot om te betaal vir die oorlewing van die Boervolk nie.

  Ja, hierdie Boervolk bestaan nog, maar is tans in 'n gevorderde stadium van die grootste oorlewingstryd in sy geskiedenis, en tog besef baie volksgenote dit nie eers nie. Ongelukkig is dit maar net 'n aanduiding van hoe goed die vyand sy strategie reeds vir dekades lank teen ons beplan en uitvoer. Elke aspek van ons daaglikse lewe word reeds deur hierdie aanslag geraak, of ons dit wil glo of nie.

Die mees opvallende gedeelte van hierdie aanslag vind natuurlik op die party-politieke gebied plaas. Hierdie aanslag het ook nie opgehou ná die oorgawe van 1994 nie, alhoewel baie dit graag so sou wou hê. Ons vyande sal nie rus voordat die Boervolk totaal vernietig is nie. Onthou, in die kulture van Afrika bestaan daar nie 'n begrip soos “politieke opponent” nie. Die uitgangspunt is eenvoudig: “jy lyk soos ek lyk en glo soos ek glo, en as jy durf anders lyk of anders glo, dan is jy my vyand en ek moet jou vernietig”. Hulle is natuurlik ook nie hierdie volk se enigste vyand nie. Hulle word bloot ingespan om die vuilwerk te doen van 'n veel gevaarliker vyand. Dieselfde vyand teen wie ons Boere voorouers moes veg nadat goud aan die Witwatersrand ontdek is. Ja, die gierige geldwolwe wat dit nie kon verdra dat hierdie Boervolkie so uitermate geseën was deur die Allerhoogste nie. Hulle wil hul hande lê op die totale rykdomme van hierdie land. Om dit reg te kry, moet die Boervolk vernietig word.

Hulle plan is om ons stelselmatig te stroop van alles wat vir ons kosbaar is. Die volgende metodes word gebruik:

 

  • Ons moet afvallig raak van ons geloof.
  • Ons moet ons pragtige taal en kultuurerfenis verloor.
  • Ons gesinslewe moet vernietig word deur egskeiding, drank- en dwelmmisbruik, finansiële probleme en talle ander metodes.
  • Ons moet ons selfrespek verloor.
  • Ons moet ons rassuiwerheid verloor deur verbastering.
  • Ons moet ons inkomste verloor deur regstellende aksie.
  • Ons moet ons plase verlaat uit vrees vir plaasaanvalle en as gevolg van immer stygende insetkoste en onredelike belasting.
  • Ons moet ons vuurwapens verloor, en sodoende die reg ontneem word om ons lewens en besittings te beskerm.

Ons probeer stappe neem om as teenvoeter te dien vir die aanslae wat teen ons gemik word, maar ons word gekondisioneer deur 'n vreesveldtog wat teen ons gevoer word. Indien die Polisie u waarsku dat u nie waardevolle artikels langs u op die motorsitplek moet vervoer in blote sig van potensiële kriminele nie, dan klink dit vir u na sinvolle raad, maar in werklikheid word daar aan u gesê dat u, as wetsgehoorsame burger, minder regte het as die krimineel.

Stelselmatig word ons deur omstandighede gedwing om meer en meer aanpassings aan ons lewenspatroon te maak, en word ons ál meer ingeperk. Dit kos geld om voorsorgmaatreëls te tref soos bv. Alarmstelsels in huise en voertuie, versekeringspremies en waghonde. Ons raak so vasgevang in hierdie stryd om daaglikse oorlewing dat ons baie van die ander aanslae teen ons totaal miskyk. Intussen maak politieke partye groot beloftes wat hulle nie kan nakom nie. Die kerke verkondig vrede en versoening. Daar word nog steeds voortdurend openbare uitsprake gemaak om ons skuldig te laat voel oor die “groot sonde van apartheid”. En intussen probeer die meeste van ons maar net om 'n eerlike bestaan te voer en weg te bly uit die moeilikheid. Baie volksgenote het al lankal opgegee en sit vandag in sak en as. Hulle glo dat daar geen hoop meer is nie.

Dit is presies wat ons vyande wil hê. Hulle wil ons moed breek. Ons mag nie toelaat dat hulle in hul doel slaag nie! Daar is al te veel offers vir die vryheid van hierdie volk gebring.

Die aanslae teen hierdie volk gaan nie ophou nie. U kan kies om dit te ignoreer, u kan land-uit vlug, of u kan die werklikheid in die oë kyk en vroegtydig optree om diegene vir wie u omgee te help. Indien u nugter oor die saak redeneer sal u besef dat dit sinneloos sou wees om op hierdie stadium al u energie te verspil om te veg vir dinge soos die behoud van ons taal, kultuurerfenis, die veiligheid van ons woonbuurte ens.. Natuurlik is al hierdie dinge belangrik, maar ongelukkig is die oormag teen ons op hierdie stadium doodeenvoudig te groot. Uiteindelik gaan al hierdie dinge in elk geval van ons weggeneem word, want nie een van die grootbek politici of kerklikes is by magte om iets daaraan te doen nie. Al hierdie bedreigings word eerder deur hulle gebruik om u aandag af te trek van die werklike probleem, naamlik basiese oorlewing. Dit is wanneer ons daardie stadium bereik wanneer daar nie meer kos in die winkels en water in die kraan is nie. Dan maak politieke en godsdienstige praatjies nie meer saak nie. Diegene wat nou kwansuis so veg vir u regte gaan binnekort self in 'n oorlewingstryd gewikkel wees. U moet eerder bedag wees op die feit dat ons as volk stelselmatig in 'n hoek vasgedruk word en u moet die waarskuwingstekens raaksien en besef waarheen dit uiteindelik gaan lei.

Daar is diegene wat deesdae verkondig dat ons niks het om te vrees nie. Hulle sê dat ons maar net in ons huise moet wegkruip wanneer hierdie situasie in totale chaos ontaard. Hulle sê dat, indien jy “reg glo”, jy niks sal oorkom nie. Dit is 'n leuen! Hierdie mense sal eendag verantwoording moet doen, soos alle ander verraaiers, vir die moord op hulle volksgenote. Indien u in die toekoms hierdie “goeie” raad hoor, vra vir daardie persoon of hy vir u afhanklikes sal sorg as daar niks meer in die winkel is om te koop nie, en geld waardeloos geword het.

Hierdie samestelling is hoofsaaklik gemik op dié lede van die Boervolk wat tans in dorpe en stede woon en afhanklik is van 'n salaris vir hul bestaan. Vir die meeste van ons klink dit natuurlik onmoontlik om selfvoorsienend te wees wat betref water, voedsel, medisyne, sanitasie en elektriese kragvoorsiening. Ons is maar afhanklik van dit wat ons in die winkels kan koop en die dienste wat deur die munisipale rade voorsien word. Ons daaglikse roetine volg ook gewoonlik 'n vaste patroon. Dit beteken dat daar nie baie tyd en energie oor is om aan hierdie dinge aandag te gee nie. Die meeste van ons is ook nie finansiëel in die vermoë om veel meer as net die noodsaaklike met ons salaris te doen nie. Ons lewenswyse maak ons dus baie kwesbaar. Antwoord gerus vir uself die volgende paar vrae:

Beskik u oor 'n hoeveelheid kontant om, indien u om die een of ander rede vir 'n maand of langer nie geld by 'n bank sou kon trek nie, in u basiese behoeftes te voorsien? (Onthou u wat met Saambou se kliënte gebeur het?)

  • Sal u huishouding normaal kan aanhou funksioneer indien die watervoorsiening van u woonbuurt vir 'n dag of langer afgesny word?
  • Is u tevrede dat die water wat uit die krane kom veilig is vir menslike gebruik, en dat dit altyd in die toekoms so sal wees? (Is u bewus van die feit dat Zimbabwe se regering nie meer chemikalieë vir watersuiwering kan bekostig nie?)
  • Is u bereid om die elektriese hoofskakelaar van u woning af te skakel en vir 'n week lank sonder elektrisiteit klaar te kom?
  • Indien u vir 'n maand of twee geen lewensmiddele by 'n winkel kan koop nie, sal u en diegene wat van u afhanklik is, kan oorleef? Weet u hoeveel miljoene in Suidelike Afrika staar reeds hongersnood in die gesig en hoeveel sterf reeds daagliks van die honger?

 

 

Besluitneming oor voorsorgmaatreëls

Alle besluite moet in die geloof geneem word. Geloof is gebaseer op feite. Nie op hoorsê of skinderstories of politieke praatjies of kerklike instellings of propaganda of gevoelens soos vrees of angs of moedeloosheid nie.

U kan vandag 'n polis vir feitlik elke moontlike gebeurtenis uitneem. So is daar polisse vir dood, ongeskiktheid, aftrede, studie, kinders, trauma, begrafnis, uitkeer en seker nog vele meer. Daar is egter nie 'n polis teen burgerlike onrus of oorlog nie. Indien u die voorwaardes van u polisse sou gaan lees, sal u sien dat die versekeraar die reg voorbehou om, sonder skriftelike kennisgewing, die voordele van enige van bogenoemde polisse op te skort in die geval van burgerlike onrus of oorlog! Dit sou dan nou juis die tyd wees wanneer u hierdie polisse die nodigste sou hê.

Ons is dus bereid om op 'n menslike manier te probeer voorsiening maak vir elke moontlike gebeurtenis wat ons pad langs mag kom, solank daar net nie onrus of oorlog kom nie. Ek het bogenoemde argument aan 'n polisverkoopsman gestel en gevra wat maak ons dan nou as daar wel onrus of oorlog kom. Sy antwoord was eenvoudig: “Dan moet ons maar bid”. Hoe belaglik! Noag het nie net gebid toe dit begin reën het nie. Hy het homself betyds voorberei nadat hy 'n waarskuwing van die Hemelse Vader ontvang het.

Die meeste salaristrekkers betaal maandeliks die volgende:

 

  • Bydrae tot pensioenfonds
  • Bydrae tot mediese fonds
  • Korttermyn versekering
  • Polisse

Dit is alles goeie voorsorgmaatreëls wat deur verantwoordelike mense getref word om voorsiening te maak vir feitlik elke moontlike gebeurlikheid wat hul pad langs mag kom. Maar hoe nou gemaak as u eensklaps sonder 'n maandelikse inkomste sou sit? U sou onmiddelik totaal blootgestel wees aan 'n stelsel wat op Afrika-beginsels gebaseer is. Hoeveel volksgenote het reeds hul werk verloor as gevolg van 'n swak ekonomie of regstellende aksie? Hulle moet maar tevrede wees om saam met duisende ander in die ry te gaan staan by vuil staatshospitale om deur onbevoegde uitlandse dokters behandel te word.

Die besluit berus dus by u. Niemand van ons het enige waarborg dat ons môre nog 'n werk sal hê of dat daar nie burgerlike onrus of oorlog sal wees nie. Net so min as wat u enige waarborg het dat u môre nog sal lewe of dat u huis nie sal afbrand nie. Dit is dus ook u plig om voorsiening te maak vir dinge waarvoor u nie 'n polis kan uitneem of aan 'n fonds kan behoort nie.

Gaan maak gerus 'n sommetjie en kyk wat u maandeliks spandeer aan bydraes tot fondse en aan versekering. Vra nou vir uself wat die waarskynlikheid is dat u wel u inkomste kan verloor of dat daar burgerlike onrus of oorlog kan uitbreek. Hoeveel spandeer u per maand om hiervoor voorsiening te maak? Of gaan u ook maar bid as dit gebeur?

Baseer u besluite op harde feite. Gaan kyk gerus na die volgende:

  • Die regering se regstellende aksie beleid
  • Die huidige werkloosheidsyfer
  • Misdaadstatistieke
  • Die invloed van vigs op die land se ekonomie
  • Ontevredenheid onder ANC-ondersteuners oor beloftes wat nie nagekom word nie
  • Wat het die geskiedenis ons geleer omtrent swart bewindsoorname in die res van Afrika