|
Die Boerevolk
'n Kerngroep Afrikaners wat die ideaal van die volk dra en ook bereid is om offers
te bring, noem hulleself ; die Boerevolk.
i) Die Boerevolk het dwarsdeur die geskiedenis ʼn baie sterk Republikeinse strewe
openbaar.
ii) Dit was die Boerevolk wat gestalte gegee het aan die Groot Trek.
iii) Dit was die Boerevolk wat teen Groot Brittanje die eerste- en tweede Engelse
oorloë gevoer het.
iv) Dit was die Boerevolk wat die rebellie gevoer het omdat hulle nie saam met
Engeland teen Duitsland wou veg nie.
v) Die Boerevolk het nie aan die onderhandelaars by Codessa of met die
“Accord”, ʼn mandaat gegee om namens hulle (die Boerevolk) te onderhandel
nie. Om hierdie rede het lede van die Boerevolk hulle teenkanting teen die
prosesse getoon, deur die World Trade Centre binne te val (en die persepsie
is verkeerd dat dit net ʼn paar “verregse ekstremiste” was.) Verder is die
onderhandelinge met die Afrikaner Volks Front (AVF) soos opgeneem in die
“Accord”, nooit geteken nie en word dit in die dokument gemeld dat dit
ongemandateer is.
vi) Die Boerevolk het hom in totaliteit van die Nasionale party, die Broederbond
en FW De Klerk gedistansieer.
vii) Lede van die Boerevolk het “Nee” gestem tydens die referendum.
viii) Die grootste gros van die Boerevolk het nie aan die 1994 verkiesing
deelgeneem nie aangesien hulle nie aan die handelinge legetimiteit wou
verleen,deur te gaan stem nie.
ix) Tans is die Boerevolk die teiken van dieselfde diskriminasie.
a. Vandag is aangekondig dat werkloosheid onder witmense van 1994 af met
200% toegeneem het.
b. Plaasmoorde staan nou op meer as 1600 vanaf 1994.
c. Die aantal Blankes wat sedert 1994 vermoor is, staan reeds by die 50 000.
Wanneer dit na persentasies van die totale Blankes verreken word, word dit
reeds deur verskeie internasionale skrywers as “volksmoord” (Genocide)
geklassifiseer.
d. Onlangse toelating syfers vir mediese studente by twee Afrikaanse
universiteite toon dat slegs 13% van die toelatings Boereseuns behels.
Alle klasse by die Afrikaanse mediese skool word nou in Engels aangebied.
e. Ek kan verskeie bladsye vol skryf oor soortgelyke diskriminasie maar het
net ʼn paar voorbeelde genoem.
f. In kort kom dit daarop neer dat die stryd teen onderdrukking nou by die
Boerevolk ter sprake is in die sg. Nuwe Suid Afrika. Verskeie pogings deur
verskeie organisasies om hierdie skending van mense regte aan te spreek,
is tot dusver, as onbelangrik afgewys en deur die owerhede van die hand
gewys. Ek wil so ver gaan deur te sê dat die persepsie ontstaan dat van die
regeringslui van die standpunt af uitgaan dat die Boerevolk nog eers moet
boet vir die dade van die Broederbond-Nasionale party bewind.
g. Ten spyte van hierdie negatiewe belewenisse en ervaringe , was die
Boerevolk nog altyd vredeliewend, en het deur die geskiedenis hul lot met ʼn groot mate van geduld aanvaar as synde die wil van die Vader.
h. Die toenemende aanslag en aantasting van die Boerevolk se volkstrots,
volkseie kultuurskatte, taal ens. veroorsaak ʼn ongelukkigheid en
desperaatheid, wat ek egter in die laaste tyd onder my mense op ʼn wye
front waarneem. Dit maak my toenemend bekommerd dat openlike konflik
en ʼn bloedbad soos ʼn vuurspuwende berg onder die oppervlakte smeul.
Hierdie skrywe is geneem uit 'n artikel van Dr. Lets Pretorius
|
|