| |
PASTOOR MARIUS EN CHARMAINE MARITZ

1. MARCHA Beraders:
Kontak ons gerus vir berading. Ons spesialiseer in huweliksberading en jeug sowel as kinder-berading. Ons doelwit is om huwelike te red.Kinders wat berading nodig het, te help. Kontak ons vir afspraak by:
079 820 6158
MARCHA beradings praktyk.
2.Bediening:
Pastoor Marius Maritz is vir die gemeenskap beskikbaar vir preek geleenthede oor naweke op uitnodiging. Sy Vrou Charmaine sing terwyl hy die evangelie van JESUS CHRISTUS verkondig. U kan hulle gerus uitnooi om in u omgewing te bedien/preek/leringe gee. Pastoor Marius gee tydens elke geleentheid sy getuienis wat lei oor sy bekering nadat hy JESUS CHRISTUS persoonlik gesien het, net soos Paulus. Hy en sy vrou bid vir siekes en GOD genees hulle, verkondig die evangelie en GOD word geloof. Sy vrou, Charmaine sing tot eer van die HERE. As u hulle wil uitnooi kontak hulle by 079 820 6158 en besoek hulle webtuiste www.abigailbediening.co.za
3. Werkloos/oplossing/ Nou beskikbaar
'n Program vir elkeen wat werkloos is/ nuwe besigheid wil begin/
Die program is net in AFRIKAANS.
'n Program, nuut en eerste in die mark wat spesiaal ontwerp is vir Afrikaners wat werkloos is of eie besigheid wil begin. Die program bevat 101 maniere'/geleenthede om uit niks jou eie besigheid te begin, te bestuur en finansieel 'n sukses te maak. Daar is 101 besigheids geleenthede waaruit jy die besigheid kan kies wat by jou persoonlikheid en vermoee pas. Deur die program te volg, word jy gelei deur 101 verskillende geleenthede om uit te kies, besigheidsplanne ingesluit wat jou lei hoe om die besigheid te begin. Deur die program wat op c.d/ windows vriendelik is te gebruik, kan jy self gelei word om van niks tot suksesvol te wees. Hoekom sukkel onder die juk van werkloosheid/ regstellende aksies of ekonomie wat depressie tot gevolg het. Staan op en begin jou eie besigheid. kontak ons en bestel die program by info@abigailbediening.co.za Die koste aan die program is tot minimum gesny R215,00. Normaalweg is die koste R6 400. Vir ons Afrikaner en Afrikaans-sprekende mense gee ons dit vir net R215.00. Posgeld ingesluit.
4. Christen Koerant- Abigail koerant wat beteken wysheid in GOD-
Ons het 'n Christen koerant spesiaal vir ons Afrikaner Christene. Ons het in die tyd almal GOD dringend nodig. U kan die koerant maandeliks bestel en ontvang teen R5,00 + R5,00 verpakking en posgeld. Die koerant is uniek en bevat kwaliteit artikels volgend die 33'vertaling Bybel. Artikels oor jeug, Kinder opvoeding, wat gebeur in die eindtyd, wat gaan met ons in Suid-Afrika gebeur as ons GOD nie terug bring in Christen Afrikaner huise nie. Die koerant is mooi in kleur en 1000de word gedruk. U kan ons asseblief ondersteun met advertensies, inteken om die koerant maandeliks te ontvang, borge en deur artikels te stuur. Deur borge kan ons verseker dat die koerant meer gedruk word en meer oor die land versprei word. Ons moet deur die media ons volk betrokke kry in JESUS CHRISTUS. kontak ons by info@abigailbediening.co.za of bel ons by 079 820 6158
5. Jou eie webtuiste-
Net vir Afrikaanssprekendes. Jou eie web-tuiste
Ons ontwerp en bou vir Afrikaans sprekende Suid-Afrikaners teen minimum koste hul eie webtuiste. Spesiaal vir Afrikaners om hulle meer te bevorder en bekend te stel in die advertensie-wereld. Afrikaners het die ondersteuning nodig. besoek www.abigailbediening.co.za en kyk onder afdeling jou eie webtuiste"
6. -Harry Potter:- Die euwel
Bestel jou eie Harry Potter d.v.d. Die d.v.d is ontwerp om Afrikaanssprekendes in te lig oor die gevare van sondige euwels om ons te indoktrineer soos Harry Potter en ander vuil euwels wat ons land en mense mislei tot sonde. Bestel die d.v.d by info@abigailbediening.co.za
7. Seminaar in jou Area
Nooi Pastoor Marius en Charmaine Maritz vir 'n drie dagse seminaar. Ons stuur vooraf advertensie-plakate. Die seminaar is om u in JESUS CHRISTUS te bemoedig deur die evangelie. Tydens die tydperk bid ons vir siekes, wat GOD genees. Hou in die aande dienste/leringe oor die eindtyd en wat kan ons in die tye verwag volgens Bybelse profesie/boek Openbaring/Matheus/Lukas en Daniel. Charmaine tree met profesionele sang op tydens die seminaar. Ons verskaf boeke en d.v.d's aan u sowel as leringe. Ons besoek tydens die sessies boere op hulle plase deur die dag, bedien nagmaal op plase en in die aande kom almal vir 'n uur bediening/Woord lering bymekaar. Een van die drie dae word opsy gesit waarin Marius en Charmaine mense beraad op aanvraag. Die drie dae seminaar bevat 3 aande wat hulle mense met GOD se Woord in krag bedien en inlig oor wat om te verwag in die eindtyd, een dag ir berading, twee dae boere of mense tuis te besoek. Bespreek vroegtydig. skakel 079 820 6158 of e-pos na info@abigailbediening.co.za ( Ons bemoedig tydens die geleenthede predikante/pastore en medewerkers van GOD deur gebed en ondersteuning) So 'n seminaar kan in kerke, sale of op plase gehou word. Ons vra ook geleentheid om by skole te praat oor euwels soos T.V indoktrinering, "666" is hier, invloed van selfone en rekenaars op die kind.
Kort Artikel:
Ons leef in 'n tyd wat daar meer eenheid tussen ware Afrikaners moet kom. Mense sal moet ophou rondkyk met die hoop dat iemand anders iets moet of gaan doen sodat daar oplossings vir ons mense oor die land moet kom. Die slegte nuus is:"As jy gaan wag vir iemand anders wat moet opstaan en iets begin doen sodat daar 'n verbetering in omstandighede in ons land kan kom, maak jy 'n groot fout." Net ons, jy en ek, kan 'n verskil maak. Ons moet begin opstaan vir dit waarin ons glo. Ons glo almal in JESUS CHRISTUS. As ons begin terug keer tot ons GOD toe, sal HY ons Eenheid word. Ons moet HOM in eenheid begin aanroep en GOD sal 'n engel of engele gee om ons te beskerm, die wat nie in HOM glo nie,maar moor en vernietig,verslaan. Dis die GOD wat ons dien. Die GOD wat red en altyd beskikbaar is. Moenie moed opgee nie. Staan in eenheid op, los alle mate van sonde en rig jou hulp na GOD. HY sal ons wat waaragtig opreg is, weer een maak. Ons is verdeeld omdat ons in te veel sonde lewe. Ons verraai nie net GOD nie, maar mekaar deur huwelike wat in egbreek beland, drank wat ons gedrag bepaal, lelike taalgebruik wat ons karakter verdof en talle ander sonde. Waar sonde is kan mense nie in eenheid en vertroubaar kom nie. Sonder sonde, het ons GOD en vertrouenswaardigheid onder mekaar. DAn staan ons mekaar by, want ons doen wat JESUS CHRISTUS van ons verwag. Eenheid kom deur vertroue. Vertroue onstaan in GOD. Moenie moed opgee nie. Begin by jouself. Doen jy wat reg is en GOD sal SY GEES in jou plaas wat HOM die Doener in omstandighede maak. Ons moet ophou skinder, veroordeel en onbetrokke wees.Ons moet begin betrokke raak, mekaar bemoedig, aanmoedig, vergewe en as Afrikaner opstaan en doen wat GOD van ons verwag. Die wereld verkondig 'n leuen uit satan se mond deur te se Afrikaners kan nie saam staan nie. Dis nie waar nie. Afrikaner Christene wat waarlik GOD aanbid sal mekaar nie misbruik nie. Hulle sal in eenheid lewe en mekaar ondersteun want hulle streef GOD in waarheid na. Hou goeie moed en moenie jou oorgee aan sonde van die wereld nie. Ek en my vrou Charmaine sal op uitnodiging bedien in u area. Ons doen alles tot eer van JESUS CHRISTUS. Ons dank aan Johan Engelbrecht wat aan ons die geleentheid gegee het om 'n artikel en verskeidenheid advertensies op die web te plaas. Die seen van GOD met u.
Pastoor Marius en Charmaine Maritz. Vir uitnodigings kontak ons by info@abigailbediening.co.za
|
|