| |
5 roof gesin in huis, brand pa en ma met yster
Mar 13 2008 07:26:37:143AM - (SA)
Vyf mans het Woensdagaand 'n gesin van Hennopsrivier in die Erasmia-omgewing beroof en die ma en pa met 'n strykyster gebrand.
"Vyf mans, waarvan vier gewapen was, het toegang tot 'n kamer waar vier kinders op 'n rekenaar gewerk het deur 'n oop venster verkry," het 'n polisiewoordvoerder aan Sapa gesê.
"Die kinders is na die woonkamer geneem waar hul pa was. Die ma, wat geslaap het, is wakker gemaak en saam met die res van haar gesin vasgebind.
"Die mans het geld geëis en het die man en vrou 'n paar keer met 'n yster op hul bolywe gebrand om inligting uit hulle te kry oor waar hulle hul geld bêre."
Die rowers het die huis daarna geplunder en 'n bedrag van R200, twee TV-stelle, 'n DVD-speler en 'n M-Net-dekodeerder gesteel voordat hulle in die gesin se Toyota-bakkie gevlug het.
Die polisie ondersoek klagte van huisbraak en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
"Geen arrestasies is nog gemaak nie, maar die voertuig word deur middel van Netstar gevolg," het die woordvoerder gesê. - Sapa
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|
|